|
Kaap koeltorings gaan val |
|
|
|
|
Maandag, 15 Februarie 2010 |
|
Twee van Kaapstad se bekendste bakens -- die verkoelingstorings by die uitgediende Atholone-kragstasie buite die stad -- gaan gesloop word nadat 'n staalring, wat 18 jaar gelede as versterking rondom een van die strukture aangebring is, vroeg gisteroggend meegegee het.
Raadslid Clive Justus van die Stad Kaapstad sê die N2-snelweg was 'n ruk lank as voorsorgmaatreël gesluit, maar dit is weer oopgestel nadat ingenieurs die versekering gegee het dat dit geen gevaar vir motoriste inhou nie. Hy sê daar sal binnekort besluit word hoe en wanneer die torings op die perseel van sowat agt hektaar afgebreek gaan word. |