| Liedjie wat nou speel / pas gespeel het: |
| Adv Barbie saak uitgestel |
|
|
|
| Vrydag, 12 Februarie 2010 | |
| Die hofsaak van Cezanne Visser, ook bekend as advokaat Barbie, is in die Hooggeregshof in Pretoria uitgestel. Dit volg nadat sy volgens haar regsverteenwoordiger, advokaat Johann Engelbrecht, gisteraand na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem is waar 'n psigiater haar wou opneem. Sy het medikasie ontvang wat haar laat slaap en het net vlugtig in die hof verskyn. Waarnemende regter Chris Eksteen het die saak tot 22 Februarie uitgestel. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|
















