|
Lugdienste in SA moet opdok vanaf 1 Julie |
|
|
|
|
Dinsdag, 09 Februarie 2010 |
|
Lugdienste wat in Suid-Afrika bedrywig is, sal van 1 Julie af aansienlik meer moet betaal vir die gebruik van lughawens en die dienste van die Suid-Afrikaanse lugverkeer-en-navigasie-agentskap (ATNS).
Volgens mediaberigte gaan die tariewe van die staatsbeheerde ATNS, wat lugverkeer- en navigasiedienste by Suid-Afrika se lughawens verskaf, vanjaar met 43-persent styg. 'n Onafhanklike ekonomiese reguleerder het vroeër ook 'n konsep-prysverhoging vir die lughawensmaatskappy van Suid-Afrika uitgereik ingevolge waarvan die maatskappy sy tariewe vanjaar met sowat 60-persent sal verhoog. Die uitvoerende hoof van die Lugdiensvereniging van Suid-Afrika, Chris Zweigenthal, sê die impak van die verhogings sal 'n gevoelige slag vir die lugvaartbedryf wees. Hy sê ATNS se tariewe gaan nou binne twee jaar met 50-persent styg, terwyl Acsa se landing- en parkeertariewe gaan verdubbel. Hy sê lugdienste en verbruikers sal dit nie kan bekostig nie. |