|
Dinsdag, 09 Februarie 2010 |
|
Die Hollywoodse glanspaartjie, Brad Pitt en Angelina Jolie, het met ‘n regsgeding teen 'n Britse poniekoerant, News of The World, begin ná ‘n berig in die koerant dat hulle uitmekaar is.
Keith Schillings van Schillings-prokureurs in Londen het bevestig dat daar met regstappe begin is.Hy sê die koerant het vals bewerings gemaak dat Pitt en Jolie ooreengekom het om hulle bates ter waarde van 205-miljoen pond te verdeel en reëlings getref het vir toesig oor hulle ses kinders. |