|
Afrikaans weer in die spervuur |
|
|
|
|
Maandag, 08 Februarie 2010 |
|
Die Vryheidsfront Plus sê daar is talle bewyse dat die ANC-regering geensins die beskerming van Afrikaans as ‘n amptelike taal eerbiedig nie.
Woordvoerder Anton Alberts sê in ‘n verklaring die regering doen aktief mee in die vernietiging van die taal.Hy sê die ANC-regering se roekelose houding en onwilligheid om Afrikaans te beskerm, kom neer op kulturele uitwissing.Alberts sê die Engelse koloniale erfenis word aktief deur die ANC beskerm terwyl die Afrikaanse erfenis meedoënloos vervolg en uit die kollektiewe geheue gewis word. Die geld wat so op onnodige naamsveranderings vermors word, kan eerder aangewend word om ‘n meertalige staatsdiens te skep, sê Alberts. |