Meningsopname

Word jy geraak deur misdaad?
 
Is die winter kouer as gewoonlik?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Zuma se verskoning word aanvaar PDF Druk E-pos
Maandag, 08 Februarie 2010

Die nasionale tussen-geloofse leiersraad het president Jacob Zuma se verskoning oor sy buite-egtelike verhouding en kind by Sonono Khoza aanvaar.

Die sekretaris-generaal van die raad, professor David Mosoma, sê mense wat sê hulle is Christene, behoort Zuma te vergewe omdat dit is wat Christenskap beteken. Hy sê die raad verstaan die publiek se woede, maar dat daar groter probleme in die land is. Die Christen-Demokratiese Party het ‘n beroep op die ANC
gedoen om nou in verband met president Zuma op te tree voor nog skade vir die land aangerig word.Die leier van die CDP, Theunis Botha, sê in ‘n verklaring pleks van om vinnig op te tree soos met oud-president Thabo Mbeki, word Zuma net weer en weer gesteun deur die ANC deur hom nog ‘n kans te bied.Hy sê ongelukkig kan Zuma se jongste verskoning nie ernstig opgeneem word nie, aangesien hy al tevore die nasie om verskoning gevra het en dit klaarblyklik nie bedoel het nie.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET