|
Mesvaste baadjies weer in die nuus |
|
|
|
|
Maandag, 08 Februarie 2010 |
|
Die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) gaan die Britse maatskappy wat mesvaste baadjies vir besoekers aan die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika bemark, vra om ‘n advertensie van Unicef op sy webwerf te verwyder.
Unicef-woordvoerder Gina Dafalia sê die organisasie was redelik geskok toe hy gesien het daar is ‘n advertensie van hulle op die webwerf.Sy sê Unicef werk deur ‘n agentskap wat streng opdragte het om nie op enige geweld-verwante webwerwe te adverteer nie en die betrokke maatskappy gaan binne die volgende week gevra word om die advertensie te verwyder. |