|
Suid Afrikaners gemaan oor varkgriep |
|
|
|
|
Maandag, 08 Februarie 2010 |
|
Netcare Reisklinieke het gewaarsku dat Suid-Afrikaners nie op die vooraand van die Wêreldbeker-sokkertoernooi oorgerus oor varkgriep moet wees nie, aangesien die siekte steeds wêreldwyd 'n ernstige gesondheidsgevaar inhou.
Dr. Pete Vincent van die organisasie sê in 'n verklaring die gevare van varkgriep, oftewel die H1N1-virus - wat reeds die lewens van ongeveer 14-duisend-700 mense regoor die wêreld geëis het - moet nie onderskat word nie. Hy sê dit kan gebeur dat die virus in die volgende seisoenale griepseisoen, weer sy terugkeer in Suid-Afrika kan maak. Volgens Vincent gaan baie buitelanders die land besoek en sal die toestande gunstig wees vir die vinnige verspreiding van die siekte. |