Meningsopname

Druk die finansies jou?
 
Kan 'n Suid Afrikaanse rugbyspan die Super 14 vanjaar wen?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Geweldsmisdaad en armoedevlakke nie verbind PDF Druk E-pos
Maandag, 08 Februarie 2010
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rassebetrekkinge het bevind dat hoë vlakke van geweldsmisdaad nie met armoedevlakke verbind kan word nie.

Die SAIRB sê in 'n verklaring Oos-Kaapse munisipaliteite het die hoogste moordsyfer van 54 moorde per 100-duisend mense en 'n armoede vlak van 62 persent. Munisipaliteite in Limpopo het ook 'n armoedevlak van 62-persent, maar hulle moordsyfer is die laagste. Wes-Kaapse munisipaliteite, wat 'n lae vlak van armoede van 27-komma-vyf persent het, het ook 'n hoë moordsyfer. In die ondersoek is ook bevind dat die munisipaliteite in Gauteng die grootste toegang tot basiese dienste het. In die Stad van Johannesburg het net vier persent van alle huishoudings nie toegang tot water nie, terwyl agt persent nie toegang tot elektrisiteit en vyf persent nie oor sanitasie beskik nie.

 

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET