|
Engels geniet voorkeur in SA |
|
|
|
|
Maandag, 08 Februarie 2010 |
|
Volgens die Direkteur Generaal van Kuns en Kultuur in Suid-Afrika, Philemon Wakashe, bestaan daar geen moontlikheid dat die buurland se regering Afrikaans só kan help ontwikkel dat dit soos Engels op ’n vlak kom waar dit, soos hy dit gestel het “ten volle kan deelneem en die vrugte kan geniet” van wêreldwye ontwikkelinge nie.
Dit geld volgens hom ook vir die ander landstale behalwe Engels.Wakashe wys verder daarop dat hy die verklaring met die volle toestemming van pres. Jacob Zuma en twee ministers doen. Hy het dit ook duidelik gestel dat dit nie die buurland se regering se skuld is dat Afrikaans homself nie kon verhef tot die hoë status wat Engels in die land het nie. |