|
SARU maak kontrak-spelers bekend |
|
|
|
|
Maandag, 08 Februarie 2010 |
|
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het die name van 19 spelers aangekondig wat Springbok-kontrakte vir 2010 geteken het.
Tien spelers van dié groep het kontrakte tot die einde van die 2011-seisoen geteken. Die gekontrakteerde spelers vir 2010 is: Andries Bekker, Bakkies Botha, Heinrich Brüssow, Schalk Burger, Bismarck du Plessis, Fourie du Preez, Jaque Fourie, Bryan Habana, Adrian Jacobs, Tendai Mtawarira, Victor Matfield, Wynand Olivier, Ruan Pienaar, JP Pietersen, Danie Rossouw, John Smit, Juan Smith, Morné Steyn en Pierre Spies. Die spelers wat kontrakte tot die einde van die 2011-seisoen geteken het is: Bakkies Botha, Schalk Burger, Fourie du Preez, Jaque Fourie, Bryan Habana, Victor Matfield, JP Pietersen, John Smit, Juan Smith and Pierre Spies. |