|
SA regering moet Von Abo vergoed |
|
|
|
|
Saterdag, 06 Februarie 2010 |
|
'n Bekende Vrystaatse boer, Crawford von Abo, het 'n groot oorwinning behaal toe die hooggeregshof in Johannesburg gelas het dat die Suid-Afrikaanse regering hom vergoed vir die verlies wat hy gely het toe die Zimbabwiese regering sy plase onwettig onteien het.
Daar word beraam dat die skadevergoeding tot 500 miljoen rand kan beloop. Von Abo se regsverteenwoordiger Ernst Penzhorn sê die uitspraak is ‘n bewys daarvan dat ‘n gewone man die regering hof toe kan sleep. |