|
Zimbabwe sloer met akkreditasie van media om verkiesing te dek. |
|
|
|
|
Maandag, 24 Maart 2008 |
|
Verskeie televisie en radiodienste in die streek kon nog nie akkreditasie kry om die Zimbabwe verkiesing die naweek te dek nie. Kosmos 94.1 het ook aansoek gedoen om sy oggend-program..Jou wêreld , regstreeks uit Harare aan te bied. Kolie van Coller Besturende Direkteur van Kosmos 94.1 is van menig dat daar soveel teenstrydige berigte uit Zimbabwe kom dat die radiostasie graag sy gehoor eerstehands oor die werklike gebeure in die land wil inlig. Kosmos 94.1 wag egter nog volgens Van Coller vir die groenlig om sy span na Harare te stuur.
|