|
Nog baie dwelms in Suid-Afrika gekry |
|
|
|
|
Saterdag, 04 Julie 2009 |
|
Die polisie het gister op heroïen met ‘n straatwaarde van twaalf miljoen rand op ‘n passasiersvliegtuig van Iran op die OR Tambo internasionale lughawe by Johannesburg afgekom.
Die dwelms, wat in ‘n swaar metaalkas versteek was, is met behulp van ‘n elektroniese skandeerder opgespoor.Die besending was vir ‘n Johannesburgse adres bestem maar die polisie het vasgestel dat daar nie so ‘n adres bestaan nie.In ‘n afsonderlike voorval by die lughawe het die polisie op 130 kilogram Viagra ter waarde van meer as elf miljoen rand afgekom.Die besending is op ‘n passasiersvliegtuig van Singapoer aangetref.Geen adres is op die besending aangebring nie wat beteken dat vrag-amptenare van Singapoer vir die versending verantwoordelik was. |