Meningsopname

Word jy geraak deur misdaad?
 
Is die winter kouer as gewoonlik?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Mynwerkersunie beplan reuse staking. PDF Druk E-pos
Donderdag, 02 Julie 2009
Die Nasionale Mynwerkersunie sê daar word voortgegaan met reëlings vir ‘n reuse staking in die konstruksiebedryf wat verskeie groot projekte in die land sal raak.

Daar word verwag dat meer as 70-duisend werkers in die konstruksiebedryf daaraan sal
deelneem. Die staking is gereël nadat salarisonderhandelinge tussen die Suid-Afrikaanse
Federasie van Siviele Ingenieurskontrakteurs en vakbonde op ‘n dooiepunt uitgeloop
het. Die vakbond, Solidariteit, het die ANC se gerusstelling by monde van sy
sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, dat myne nie genasionaliseer gaan word nie,
verwelkom.Dit volg nadat die president van die ANC Jeugliga, Julius Malema, ‘n oproep gedoen het vir die nasionalisering van myne.Woordvoerder Jaco Kleynhans sê in ‘n verklaring bestendigheid in die mynbedryf is nou noodsaaklik, aangesien kommoditeitspryse skerp gedaal het en nagenoeg 21-duisend werknemers in die bedryf het reeds vanjaar hulle werk verloor het. Hy sê dit is nie nou nodig dat Malema die bedryf verder omkrap nie.

 

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET