|
Mynwerkersunie beplan reuse staking. |
|
|
|
|
Donderdag, 02 Julie 2009 |
|
Die Nasionale Mynwerkersunie sê daar word voortgegaan met reëlings vir ‘n reuse staking in die konstruksiebedryf wat verskeie groot projekte in die land sal raak.
Daar word verwag dat meer as 70-duisend werkers in die konstruksiebedryf daaraan sal deelneem. Die staking is gereël nadat salarisonderhandelinge tussen die Suid-Afrikaanse Federasie van Siviele Ingenieurskontrakteurs en vakbonde op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Die vakbond, Solidariteit, het die ANC se gerusstelling by monde van sy sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, dat myne nie genasionaliseer gaan word nie, verwelkom.Dit volg nadat die president van die ANC Jeugliga, Julius Malema, ‘n oproep gedoen het vir die nasionalisering van myne.Woordvoerder Jaco Kleynhans sê in ‘n verklaring bestendigheid in die mynbedryf is nou noodsaaklik, aangesien kommoditeitspryse skerp gedaal het en nagenoeg 21-duisend werknemers in die bedryf het reeds vanjaar hulle werk verloor het. Hy sê dit is nie nou nodig dat Malema die bedryf verder omkrap nie. |