|
Oorlewende van lugramp terug by die huis |
|
|
|
|
Donderdag, 02 Julie 2009 |
|
Die enigste oorlewende van die lugramp by die Comore-eilande, die 12-jarige Bahia Bakari, het vanoggend aan boord ‘n ministeriële vliegtuig in Parys, Frankryk, aangekom.
Sy was sedert Dinsdag in ‘n hospitaal in Moroni op die Comore-eilande nadat sy haar sleutelbeen gebreek en brandwonde aan haar knie opgedoen het toe ‘n Airbus van die Yemenia-lugdiens in die see geval het.Bahia, wie se ouderdom vroeër as 14 aangegee is, het sowat 13 ure aan ‘n wrakstuk van die vliegtuig vasgeklou voordat sy deur reddingswerkers uit die see gehaal is. |