|
Donderdag, 02 Julie 2009 |
|
Die nasionale vereniging van voertuigvervaardigers (Naamsa) sê die verkope van nuwe voertuie het in Junie onder druk gebly.
Die verkope van nuwe motors was in Junie meer as 17-persent laer vergeleke by Junie 2008, terwyl die verkope van ligte handelsvoertuie met 25-persent afgeneem het.Naamsa het ook bekendgemaak dat daar is in die eerste helfte van die jaar 33-komma-agt persent minder voertuie verkoop is.Net ongeveer 190-duisend voertuie is in die ses maande tot einde Junie verkoop teenoor die meer as 287-duisend in dieselfde tydperk verlede jaar.Die vereniging sê daar is egter hernieude hoop dat ’n herstel in die krisis in die motorbedryf moontlik begin het. |