|
Vigsdag internasionaal herdenk |
|
|
|
|
Maandag, 01 Desember 2008 |
|
Regerings regoor die wêreld het vandag ter herdenking van Wêreld-Vigsdag onderneem om die stryd teen die MI-virus te verskerp en die stigma wat met die siekte vereenselwig word, uit die weg te ruim.
Regerings het ook onderneem om behandelingsprogramme te finansier.In Suid-Afrika is ‘n oomblik van stilte vanmiddag gehandhaaf uit respek vir die slagoffers van die virus wat sowat sowat vyf-komma-vyf miljoen mense in die land aangetas het.Die minister van Gesondheid, Barbara Hogan, het in Durban ‘n beroep op mans gedoen om hulle tradisionele laksheid te oorkom en hulle vrywilliglik vir MIV te laat toets. |