Meningsopname

Is jy ten gunste van genadedood?
 
Is Nuwejaarsvoornemens haalbaar?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Mugabe regering verwerp glo tribunaal se uitspraak PDF Druk E-pos
Maandag, 01 Desember 2008
Die Zimbabwiese regering het die uitspraak van ‘n tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap dat 75 wit Zimbabwiese boere hulle grond kan behou, verwerp.

Die Zimbabwiese regering het die uitspraak van ‘n tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap dat 75 wit Zimbabwiese boere hulle grond kan behou, verwerp. Die tribunaal het in Windhoek beslis dat die Mugabe-regering wit Zimbabwiese boere billik moet vergoed vir die beslaglegging op hulle plase. Die minister van grondhervorming, Didymus Mutasa, het aan die staatsbeheerde Herald-koerant gesê die tribunaal dagdroom, omdat die regering nie ‘n ommekeer gaan maak met sy grondhervormingsprogram nie. Hy sê daar is niks spesiaal omtrent die 75 boere wat nog op hulle plase is nie en die regering gaan nog plase vat.Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Mulder, het vroeër in ‘n verklaring gesê die uitspraak van die tribunaal hou ingrypende implikasies in vir die toekomstige funksionering en geloofwaardigheid van die SAOG as ’n streeksorganisasie. Hy sê indien Zimbabwe en van die ander ledelande die uitspraak ignoreer, sal dit ’n reuse terugslag wees vir die droom van verantwoordelike streek-samewerking en die groei na groter Afrika-eenheid.

 

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET