|
Nuusagentskappe boikot kriekettoets tussen Australië en Nieu-Seeland |
|
|
|
|
Donderdag, 20 November 2008 |
|
Nuusagentskappe wêreldwyd boikot die eerste kriekettoets tussen Australië en Nieu-Seeland wat vandag in Brisbane begin en sê hulle sal geen nuus, telkaarte en foto's die wêreld instuur nie.
Nuusagentskappe wêreldwyd boikot die eerste kriekettoets tussen Australië en Nieu-Seeland wat vandag in Brisbane begin en sê hulle sal geen nuus, telkaarte en foto's die wêreld instuur nie. Die agentskappe, Reuters, Associated Press en Agence France Presse het intussen ook alle nuusdekking van Australiese krieket opgeskort. Krieket Australië het vroeër sekere beperkings op nuusagentskappe geplaas oor hoe - en aan wie - krieketnuus verskaf moet word. Nieu-Seeland se nasionale nuusagentskap het ook in 'n ongewone stap, besluit om nie 'n verslaggewer na Australië te stuur om die toer te dek nie. Australië is volgens Supersport net ná tee vir 214 lopies uitgehaal. |