|
Wêreldvoedselprogram het nuwe voedselhulpverleningsooreenkoms met Zimbabwe onderteken |
|
|
|
|
Woensdag, 19 November 2008 |
|
Die Wêreldvoedselprogram het 'n nuwe voedselhulpverleningsooreenkoms met Zimbabwe onderteken wat tot April 2010 sal geld.
Die Wêreldvoedselprogram het 'n nuwe voedselhulpverleningsooreenkoms met Zimbabwe onderteken wat tot April 2010 sal geld. Volgens die ooreenkoms sal die 350-duisend ton graan aan miljoene honger Zimbabwiërs verskaf word. Volgens beramings sal nagenoeg die helfte van Zimbabwe se bevolking teen Januarie aanstaande jaar voedselhulp moet kry. |