|
Woensdag, 19 November 2008 |
|
Die hulp-organisasie Dokters sonder Grense sê tot een-komma-vier miljoen mense in Zimbabwe loop die risiko om cholera op te doen indien die verspreiding van die siekte nie gekeer word nie.
Die hulp-organisasie Dokters sonder Grense sê tot een-komma-vier miljoen mense in Zimbabwe loop die risiko om cholera op te doen indien die verspreiding van die siekte nie gekeer word nie. Die staatsbeheerde Zimbabwiese koerant, die Herald, het berig dat 73 mense reeds in Zimbabwe aan cholera dood is terwyl meer as 430 ander Zimbabwiërs by klinieke landwyd behandel word. |