|
Voositter van Cope in Durban |
|
|
|
|
Maandag, 17 November 2008 |
|
Die voorsitter van die Congress of the People (Cope), Terror Lekota, sê Suid-Afrika se president, asook die provinsiale premiers en burgemeesters behoort regstreek deur die kiesers gekies te word pleks van om deur ‘n party se hiëragie aangewys te word.
Die voorsitter van die Congress of the People (Cope), Terror Lekota, sê Suid-Afrika se president, asook die provinsiale premiers en burgemeesters behoort regstreek deur die kiesers gekies te word pleks van om deur ‘n party se hiëragie aangewys te word. Hy het op ‘n vergadering in Chatsworth in Durban, wat deur sowat 50 mense bygewoon is, gesê sy party wil hê dat die kiesstelsel so gewysig word dat die mag in die hande van die mense geplaas word. Lekota sê tans stem mense vir die party en tjommies word in die magsposisies aangestel. |