|
Reuse kragstasie in Mosambiek |
|
|
|
|
Vrydag, 14 November 2008 |
|
Die Mosambiekse en Suid-Afrikaanse kragvoorsieners, EDM en Eskom, gaan ‘n gesamentlike kragstasie van een-komma-drie miljard dollar dollar in Mosambiek oprig.
EDM sê die projek is op ‘n onlangse vergadering van die twee maatskappye bespreek om Suid-Afrika se kragvoorsiening ‘n hupstoot te gee voor 2010 se Wêreldbeker-sokkertoernooi.Die kragstasie sal op Moamba, 60 kilometer noordwes van Maputo, gebou word en deur gas uit Mosambiek se gasvelde in Inhambane aangedryf word.Dit sal tussen 610 en 680 megawatt genereer. |