|
Rugbynuus: Ricky terug in Bokspan |
|
|
|
|
Vrydag, 14 November 2008 |
|
Skrumskakel Ricky Januarie sal môre in die Springbokke se beginspan in die toets teen Skotland op Murrayfield opdraf nadat Fourie du Preez hom gister weens ‘n beenspierbesering aan die span moes onttrek.
Skrumskakel Ricky Januarie sal môre in die Springbokke se beginspan in die toets teen Skotland op Murrayfield opdraf nadat Fourie du Preez hom gister weens ‘n beenspierbesering aan die span moes onttrek. Die veelsydige voorspeler, Danie Rossouw, is in Januarie se plek op die plaasvervangerbank gekies. Losskakel Ruan Pienaar sal skrumskakel speel indien Januarie dalk beseer word. |