|
Reaksie op Makeba se dood |
|
|
|
|
Maandag, 10 November 2008 |
Reaksie op die dood van bekende Suid-Afrikaanse sanger, Miriam Makeba, word ontvang. Sy is in die ouderdom van 76 in Italië oorlede.
Die Ansa-nuusagentskap berig dat Makeba gesterf het nadat sy siek geword het ná 'n konsert in Caserta in die suide van die land.Sy het meer as 30 albums uitgereik en een van haar treffers was Pata Pata waarvan sy reeds in 1956 die woorde van geskryf het en dit 1967 opgeneem het.Dit is in Amerika vrygestel en het wêreldwyd ‘n treffer geword. Makeba het in 1992 in die rolprent, Sarafina, gespeel. |