|
Krieketnuus: Suid Afrika wen reeks teen Bangladesj |
|
|
|
|
Maandag, 10 November 2008 |
|
Suid-Afrika het die reeks van drie eendagwedstryde teen Bangladesj beklink toe hulle die tweede kragmeting in Benoni met 128 lopies gewen het.
Suid-Afrika het die reeks van drie eendagwedstryde teen Bangladesj beklink toe hulle die tweede kragmeting in Benoni met 128 lopies gewen het. Suid-Afrika het 358 vir vier in sy beurt aangeteken en die besoekers daarna in die laaste boulbeurt vir 230 lopies uitgehaal. Hashim Amla was die speler van die wedstryd nadat hy sy eerste eendag-honderdtal aangeteken het en 140 lopies van 135 balle geslaan het. In Bangladesj se beurt het Dale Steyn en Johan Botha elkeen drie paaltjies ingeoes. |