|
Drie militantes sterf voor vuurpeleton |
|
|
|
|
Sondag, 09 November 2008 |
|
Drie Indonesiese Islamitiese militantes wat ter dood veroordeel is vir die Bali ontploffings in 2002 waarin 202 mense, onder wie 88 Australiese toeriste dood is, het gister voor ‘n vuurpeleton gesterf.
Die drie mans is daaraan skuldig bevind dat hulle bomaanvalle op nagklubs beplan het wat gewild onder Westerse toeriste is.Veiligheidsmagte regoor Indonesië is na die teregstellings op volle gereedheidsgrondslag geplaas uit vrees vir weerwraak-aanvalle. |