|
Sondag, 09 November 2008 |
|
Groot druk gaan na verwagting vandag deur die leiers van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap op pres. Robert Mugabe en die opposisieleier, Morgan Tsvangirai, geplaas word om tot ‘n vergelyk te kom oor die toedeling van kabinetsposte tussen ZANU PF en die MDC in ‘n regering van nasionale eenheid.
Politieke kenners meen as Mugabe en Tsvangirai op vandag se beraad in Sandton nie gou saam met Thabo Mbeki ‘n skikking bereik nie ‘n vat- of- los ooreenkoms aan hulle opgedwing gaan word.Die ANC president Jacob Zuma het vroeër vandeesweek gesê die SAOG moet Mugabe en Tsvangirai dwing om tot ‘n vergelyk te kom.Vandag se SAOG-beraad kom nadat die strydende partye nie tien dae gelede in Harare ’n ooreenkoms kon bereik nie. Die huidige konflik in die DRK gaan ook op die beraad bespreek word. |