|
Mugabe wil betrekkinge met Amerika herstel |
|
|
|
|
Vrydag, 07 November 2008 |
|
Zimbabwe se president Robert Mugabe het die Amerikaanse aangewese president, Barack Obama, met sy verkiesing gelukgewens en gesê sy regering is gereed om bgetrekkinge met die Verenigde State te herstel.
Mugabe sê in ‘n boodskap in die staatsbeheerde Herald-koerant sy regering sal op enige wenslike manier by die Amerikaanse regering betrokke raak om die bilaterale betrekkinge tussen die twee lande te verbeter.Betrekkinge tussen Zimbabwe en Amerika het versuur nadat Washington ná die Zimbabwiese verkiesing in 2002 sanksies teen Mugabe en lede van sy regering ingestel het. |