Meningsopname

Is jy ten gunste van genadedood?
 
Is Nuwejaarsvoornemens haalbaar?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Zimbabwe beloof om vermiste geld terug te betaal PDF Druk E-pos
Donderdag, 06 November 2008
Die regering van Zimbabwe se president Robert Mugabe het belowe dat hy ses-komma-vyf miljoen Amerikaanse dollar, wat vir die land se veldtog teen malaria bedoel was -- maar verdwyn het -- aan ‘n internasionale skenker-organisasie sal terugbetaal.

Die geld was deel van ‘n bedrag van 103-miljoen dollar wat die Wêreldfonds vir die bekamping van Vigs, Tuberkulose en Malaria aan Zimbabwe gegee het.‘n Direkteur van die fonds wat in Genève gesetel is, John Parsons, eis sewe-komma-drie miljoen terug nadat die geld by Zimbabwe se Reserwebank inbetaal is en verdwyn het.Hy het verlede week gesê Zimbabwe het belowe dat die geld vandag terugbetaal
sou word, maar die staatsbeheerde Herald-koerant sê volgens die minister van gesondheid, David Parirenyatwa, sal die regering ses-komma-vyf miljoen rand binne die volgende sewe dae terugbetaal.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET