|
Britse joernalis vlug uit Zimbabwe na Suid Afrika |
|
|
|
|
Donderdag, 06 November 2008 |
|
'n Britse vryskut-joernalis, wat daarvan aangekla is dat hy onwettig in Zimbabwe gewerk het, het sy borgtog verbeur en na Suid-Afrika gevlug.
'n Magistraat in Harare het gister ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van Philipp Warrington-Taylor uitgereik nadat hy nie vir sy hofverskyning opgedaag het nie.Taylor het uit Johannesburg ‘n SMS-boodskap aan sy prokureur, Harrison Nkono, gestuur om hom in te lig dat hy uit die land padgegee het.Hy is verlede Donderdag op die lughawe van Harare gearresteer nadat staatsagente hom uit ‘n vliegtuig gehaal, waarna hulle op sy paspoort beslag gelê het en hom twee dae lank in polisieselle aangehou het.Taylor is Saterdag op borgtog vrygelaat. |