|
Donderdag, 06 November 2008 |
|
Die SAUK berig dat sy raad en nuusbestuur 'n noodvergadering gehou het nadat politieke partye oor hulle nuusdekking gekla het.
Volgens 'n lid van die raad, Bheki Khumalo, het sommige joernaliste en die redaksionele bestuur dreig-oproepe en SMS-boodskappe ontvang. Verskeie politieke partye, insluitend die ANC, die nuwe Lekota/Shilowa-party en die United Democratic Movement het ook by die Uitsaai-klagtekommissie beswaar aangeteken oor hoe die SAUK politieke aangeleenthede dek. Khumalo sê volgens redakteurs ontvang personeellede ná elke bulletin telefoonoproepe en SMS-boodskappe waarin gekla word oor politieke stories wat uitgesaai is.Die SAUK gaan 'n onafhanklike liggaam aanstel om die geloofwaardigheid van SAUK-nuus te evalueer. |