|
Party naam nog nie duidelik |
|
|
|
|
Donderdag, 06 November 2008 |
|
Volgens berigte sal die nuwe politieke party van die ANC-wegbreekparty die South African Convention Movement genoem word.
Die party se tussentydse voorsitter, Mosiuoa Lekota, wou dit egter nie bevestig nie.Die party se tussentydse sameroeper, Mbhazima Shilowa, het aan Beeld gesê die nuwe naam moet eers by die registrasiekantoor vir maatskappye en intellektuele eiendom, Cipro, die Onafhanklike Verkiesingskommissie en as webwerf-naam geregistreer word voordat dit aangekondig sal word.Hy sê ’n naam sal betyds vir die komende tussenverkiesings in die Wes-Kaap geregistreer word, selfs al is dit net ’n tydelike een. |