|
SADEK sit weer koppe bymekaar oor Zimbabwe |
|
|
|
|
Donderdag, 06 November 2008 |
|
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se beraad van staats- en regeringshoofde oor die politieke toestand in die Demokratiese Republiek van die Kongo, sal Sondag in Suid-Afrika gehou word.
Die minister van Buitelandse Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, sê dié buitengewone beraad in Sandton sal onder die voorsitterskap van president Kgalema Motlanthe plaasvind.Sy sê afgesien van die situasie in die DRK, sal aandag ook gegee word aan die politieke krisis in Zimbabwe. Die verdediging- en sekuriteitsministers van die SAOG se troika het in Maputo in Mosambiek vergader ter voorbereiding vir die naweek se beraad.Volgens ‘n woordvoerder, Leefa Martin, sal die ministers van Swaziland, Angola en Mosambiek aanbevelings op Sondag se beraad voorlê. |