Meningsopname

Is jy ten gunste van genadedood?
 
Is Nuwejaarsvoornemens haalbaar?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
ANC gaan akkoord met die naam van die nuwe party in Suid Afrika PDF Druk E-pos
Maandag, 03 November 2008

Die ANC sê hy het geen beswaar teen die naam van die politieke party van die wegbreekgroep nie.

Die party sê in ‘n verklaring hy gaan nie die gebruik van die naam, South African Democratic Congress, teenstaan nie.Die ANC het Vrydag ‘n dringende aansoek by die hof ingedien teen die gebruik van die name South Africa National Congress, South Africa National Convention en SANC.Die party sê hy gaan egter nie sy regsgeding staak voordat hy nie ‘n amptelike brief van die huidige leiers van die wegbreek-organisasie,Mbhazima Shilowa, Terror Lekota en Mluleki George, ontvang het nie. Die hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi, het ANC-parlementslede en LUR'e wat van plan is om by die nuwe politieke party aan te sluit, gevra om so gou as moontlik uit hulle posisies te bedank eerder as om tot Januarie te wag. Hy sê hulle is bewus van lede wat hulle posisies behou om 'n salaris te verdien en beplan om aanstaande jaar by die nuwe party aan te sluit.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET