|
Sondag, 02 November 2008 |
|
’n Maand oue babameisie, Mororo Mandagana van Langa, is dood toe sy en haar vyfjarige sussie gisteroggend glo langer as ’n halfuur in ’n toegesluite motor op die parkeerterrein van ‘n winkelsentrum in Athlone, Kaapstad, gelos is terwyl hulle ouers inkopies gedoen het.
Polisiewoordvoerder André Traut sê ‘n nadoodse ondersoek gaan gehou word om die oorsaak van Mororo se dood te bepaal.'n Geregtelike ondersoek sal ook gedoen word om vas te stel of iemand vir haar dood verantwoordelik gehou kan word. |