Meningsopname

Is jy ten gunste van genadedood?
 
Is Nuwejaarsvoornemens haalbaar?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Nuwe party wek groot belangstelling PDF Druk E-pos
Sondag, 02 November 2008
Die voormalige Gautengse premier, Mbhazima Shilowa, het bevestig dat die ANC-wegbreekgroep op 16 Desember in die Vrystaat ‘n nuwe politieke party gaan stig.

Hy het gisteraand aan die einde van die nasionale konvensie in Sandton gesê daar sal vandag ná insette van provinsiale verteenwoordigers op ‘n naam vir die party gekies word. ‘n Deklarasie is aan die einde van die konvensie aanvaar waarin die doelwitte van die beraad uiteengesit is.Mosies oor die hersiening van die kiesstelsel en ‘n bevestiging dat die Grondwet die oppergesag van die land sal bly, is ook deur die ongeveer
vyf-duisend afgevaardigdes aanvaar. Die konvensie wat vandag sou voortduur, is gisteraand afgesluit omdat die groot getal mense wat opgedaag het,huisvestingprobleme veroorsaak het.Die voormalige ANC-voorsitter en een van die sameroepers van die konvensie,Mosiuoa Lekota, het gisteraand gesê hy is nie teleurgesteld oor die afwesigheid van voormalige kabinetsministers nie.Vooraf is bespiegel dat verskeie kabinetslede van oud-president Thabo Mbeki,insluitende Geraldine Fraser-Moleketi en Ronnie Kasrils die geleentheid sou
bywoon.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET