|
ANC Jeugliga wil Lekota laat aankla |
|
|
|
|
Vrydag, 31 Oktober 2008 |
|
Die ANC-Jeugliga oorweeg dit om die gewese voorsitter van die ANC, Mosiuoa Lekota, by die Menseregtekommissie vir laster aan te kla.
Woordvoerder Floyd Shivambu sê hulle is moeg vir Lekota se uitvaardery teen die liga as sou hy mense gaan doodmaak wat nie vir Jacob Zuma stem nie.Hy sê dit kom daarop neer dat Lekota die Jeugliga daarvan beskuldig dat hy letterlik mense sal vermoor.Hy sê Lekota skend die liga se regte en vryhede as ‘n organisasie. Die minister van Veiligheid en Sekuriteit, Nathi Mthethwa, het gewaarsku dat enige amptelike klagte oor haatspraak en aanhitsing tot geweld in die aanloop tot aanstaande jaar se verkiesing deeglik ondersoek sal word.Dit kom nadat ANC-ondersteuners verlede week naby Johannesburg op ’n vergadering van die ANC-wegbreekgroep Kill Lekota en Kill Shilowa verwysende na Lekota en Mbhazima Shilowa, geskree en ’n vrou rondgepluk het.Die huis van ’n Oos-Randse DA-lid is ook onlangs glo deur politieke teenstanders afgebrand. |