Meningsopname

Is jy ten gunste van genadedood?
 
Is Nuwejaarsvoornemens haalbaar?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
ANC Jeugliga wil Lekota laat aankla PDF Druk E-pos
Vrydag, 31 Oktober 2008
Die ANC-Jeugliga oorweeg dit om die gewese voorsitter van die ANC, Mosiuoa Lekota, by die Menseregtekommissie vir laster aan te kla.

Woordvoerder  Floyd Shivambu sê hulle is moeg vir Lekota se uitvaardery teen die liga as sou hy mense gaan doodmaak wat nie vir Jacob Zuma stem nie.Hy sê dit kom daarop neer dat Lekota die Jeugliga daarvan beskuldig dat hy letterlik mense sal vermoor.Hy sê Lekota skend die liga se regte en vryhede as ‘n organisasie. Die minister van Veiligheid en Sekuriteit, Nathi Mthethwa, het gewaarsku dat enige amptelike klagte oor haatspraak en aanhitsing tot geweld in die aanloop tot aanstaande jaar se verkiesing deeglik ondersoek sal word.Dit kom nadat ANC-ondersteuners verlede week naby Johannesburg op ’n vergadering van die ANC-wegbreekgroep Kill Lekota en Kill Shilowa verwysende
na Lekota en Mbhazima Shilowa, geskree en ’n vrou rondgepluk het.Die huis van ’n Oos-Randse DA-lid is ook onlangs glo deur politieke teenstanders afgebrand.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET