|
Duisende word by nasionale konvensie verwag |
|
|
|
|
Vrydag, 31 Oktober 2008 |
|
Die aanduidings is dat meer as die verwagte vier-duisend mense vir die naweek se nasionale konvensie van die voormalige ANC-voorsitter, Mosiuoa Lekota, in Sandton in Johannesburg gaan opdaag.
Dit ondanks pogings deur die organiseerders om die getal tot vier-duisend te beperk.Honderde afgevaardigdes het reeds gisteraand per bus uit die Wes-Kaap vertrek.Vyf busse het ook gisteraand uit Port Elizabeth vertrek, terwyl twee vanaf Ciskei en Pondoland ook op pad is. Teen gistermiddag het meer as 200 plaaslike en buitelandse joernaliste reeds om akkreditasie aansoek gedoen. |