|
Twee Suid-Afrikaanse mans versmoor |
|
|
|
|
Maandag, 08 September 2008 |
|
Twee Suid-Afrikaanse mans het tydens 'n kampeer uitstappie naby Raglan in Nieu-Seeland versmoor en 'n derde is na berig word in 'n ernstige toestand in die hospitaal in Auckland.
Twee Suid-Afrikaanse mans het tydens 'n kampeer uitstappie naby Raglan in Nieu-Seeland versmoor en 'n derde is na berig word in 'n ernstige toestand in die hospitaal in Auckland. Beeld berig dat die drie mans aan dodelike koolstofmonoksied gasse blootgestel is toe hulle gedurende die nag 'n braaivleis-toestel binnenshuis gebruik het. Een van die mans se seuns het op die drie in die kamer afgekom en hulp ontbied. Die oorledenes se name is nog nie bekend gemaak nie. |