|
Zimbabwiese opposisieleier Morgan Tsvangirai vra vir nuwe verkiesing |
|
|
|
|
Maandag, 08 September 2008 |
|
Die Zimbabwiese opposisieleier, Morgan Tsvangirai, het gevra dat nuwe verkiesings, onder internasionale toesig in Zimbabwe gehou word indien magsdeling samesprekings tussen Pres. Mugabe se ZANU PF-party en die MDC nie vrugte afwerp nie.
Die Zimbabwiese opposisieleier, Morgan Tsvangirai, het gevra dat nuwe verkiesings, onder internasionale toesig in Zimbabwe gehou word indien magsdeling samesprekings tussen Pres. Mugabe se ZANU PF-party en die MDC nie vrugte afwerp nie. Die MDC-leier het die naweek by 'n party saamtrek gesê hy sal slegs 'n ooreenkoms teken wat voldoende uitvoerende gesag aan hom sal gee. Die SAOG se bemiddellaar in Zimbabwe, pres. Thabo Mbeki, word vandeesweek in Harare verwag om te probeer om die magsdeling samesprekings wat vasgeval het, weer op dreef te kry. |