|
600-duisend Kubane ontruim weens dreigende tropiese storm |
|
|
|
|
Maandag, 08 September 2008 |
|
Skaars 'n week nadat orkaan Gustav 'n pad van verwoesting in die weste van Kuba gesaai het, moes mense van dié eiland hulle vir nog 'n reuse tropiese storm gereed maak.
Skaars 'n week nadat orkaan Gustav 'n pad van verwoesting in die weste van Kuba gesaai het, moes mense van dié eiland hulle vir nog 'n reuse tropiese storm gereed maak. Ongeveer 600-duisend mense aan Kuba se noordoostelike kus is aangesê om uit hul huise pad te gee. Orkaan Ike, wat tot die dood van minstens 20 mense in Haïti gelei het, sou die noordooste van Kuba teen gisteraand bereik het . |