|
Terry Crawford-Browne skuldig aan minagting van die hof |
|
|
|
|
Vrydag, 05 September 2008 |
|
'n Bekende kritikus van die regering se omstrede wapenskandaal, Terry Crawford-Browne, is skuldig aan minagting van die hof.
Dit nadat hy die minister van Finansies, Trevor Manuel, se naam in die media beswadder het. Regter Burton Fourie het vandag in die Kaapstadse Hooggeregshof uitspraak gelewer ná 'n dringende aansoek wat Manuel verlede week teen Crawford-Browne ingedien het.Regter André le Grange het in Maart vanjaar 'n tussentydse hofbevel gemaak waarin Crawford-Browne onder meer verbied is om lasterlike aantygings teen Manuel in die openbaar te maak. Hy het egter daarna in twee mediaberigte gesê hy verdink steeds die minister van korrupsie weens sy betrokkenheid by die wapenskandaal. |