|
Jurie Els weer in die nuus |
|
|
|
|
Vrydag, 05 September 2008 |
|
‘n Dossier oor die polisie-ondersoek na beweerde seksuele molestering deur die sanger, Jurie Els, sal na verwagting binnekort aan die direkteur van Openbare Vervolging in Pretoria oorhandig word.
‘n Dossier oor die polisie-ondersoek na beweerde seksuele molestering deur die sanger, Jurie Els, sal na verwagting binnekort aan die direkteur van Openbare Vervolging in Pretoria oorhandig word. Die nasionale hoof van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, Anneke Pienaar, het aan Beeld gesê die ondersoek van die aanklag van die sanger, Robbie Klay, in Maart teen Els, is feitlik afgehandel. Els het reeds in hofstukke die bewerings van seksuele molestering ontken. |