|
Rugbynuus: Bokke terug in Curriebeker |
|
|
|
|
Vrydag, 05 September 2008 |
|
Sewentien van die 22 Springbokke wat Australië verlede Saterdag in ‘n Drienasies-toets ‘n drag slae gegee het, sal vandag en môre vir hulle onderskeie spanne in die Curriebeker-kompetisie speel.
Sewentien van die 22 Springbokke wat Australië verlede Saterdag in ‘n Drienasies-toets ‘n drag slae gegee het, sal vandag en môre vir hulle onderskeie spanne in die Curriebeker-kompetisie speel. Slegs Adrian Jacobs, Butch James en Tendai Mtawarira van die Haaie, Jongi Nokwe van die Cheetahs en Percy Montgomery van die Westelike Provinsie sal nie in aksie wees nie. Die meeste van die Springbokke sal in môremiddag se wedstryd tussen die Cheetahs en die Westelike Provinsie in Bloemfontein en dié tussen die Blou Bulle en die Haaie in Durban speel. |