|
Pad met voorwerpe versper |
|
|
|
|
Donderdag, 04 September 2008 |
|
Verkeer tussen Suid-Afrika en Botswana naby Zeerust is weer normaal nadat die polisie in Noordwes klippe, stompe en brandende buitebande op die N-4 pad verwyder het wat deur inwoners daarop gepak is.
Een polisievoertuig is beskadig toe dit vanoggend deur ontstoke inwoners van Ikageleng naby Zeerust met klippe bestook is.Die inwoners is ongelukkig omdat hulle nie lopende water het nie. Hulle sê hulle is reeds drie maande sonder water en daar word van owerheidskant nie ag op hulle klagtes geslaan nie. |