|
Rugbynuus: Blou Bulle teen die Haaie |
|
|
|
|
Donderdag, 04 September 2008 |
|
Die Blou Bulle se groot vyf speel almal oormôre in Durban in 'n Curriebeker-rugbywedstryd teen die Natalse Haaie nadat die Springbok-vleuel Bryan Habana gister 'n fiksheidstoets geslaag het.
Die Blou Bulle se groot vyf speel almal oormôre in Durban in 'n Curriebeker-rugbywedstryd teen die Natalse Haaie nadat die Springbok-vleuel Bryan Habana gister 'n fiksheidstoets geslaag het. Habana was die enigste van die Bulle se terugkerende Bokke oor wie se beskikbaarheid daar twyfel was nadat hy as gevolg van 'n dyspierbesering nie in die laaste twee Drienasies-toetse kon speel nie. Die insluiting van Habana, Victor Matfield, Danie Rossouw, Pierre Spies en Fourie du Preez is vyf van die nege veranderings wat die Bulle se afrigter, Frans Ludeke, aan die beginspan aangebring het. Die span is: Tiger Mangweni; Akona Ndungane, Marius Delport, Wynand Olivier, Bryan Habana; Morné Steyn, Fourie du Preez; Pierre Spies, Wikus van Heerden, Deon Stegmann, Victor Matfield (kaptein), Danie Rossouw, Werner Kruger, Derick Kuün en Jaco Engels. Die plaasvervangers is:: Chiliboy Ralepelle, Rayno Gerber, Juandré Kruger, Gurthrö Steenkamp, Heini Adams, Burton Francis en Dewald Potgieter. |